Kieliekrankie Kleuterskool is ‘n opvoedingssentrum vir kinders vanaf 18 maande tot 6 jaar insluitend Gr R. Ons kombineer verskillende opvoedingsbeginsels om u kind toe te rus met lewensvaardighede en hom/haar skoolgereed te kry. Klein klasse is waarop ons fokus vir individuele aandag. Oop van 07h00 tot 18h00.

Ons missie is om ‘n onderrig fasiliteit te wees wat die ontwikkeling en opvoeding van die kinders wat in ons sorg geplaas is, op ‘n bekwame en unieke manier te behartig en om die belange en welsyn van die kinders eerste te plaas met elke besluit wat geneem word.

Ons kinders is ons toekoms en ons moet hulle voorberei en toerus om dit met selfvertroue toegemoet te gaan. Ons personeel is die hoeksteen van ons akademie en net die heel beste word aangestel. Ons weet dat dit die mense is wat ons kinders van dag tot dag versorg, wat werklik ‘n lewenslange invloed op ons kinders het.